Paulus Toere

Paulus Toere

Toer na Griekeland en Turkye in die voetspore van Paulus


  • Griekeland alleen: 4 – 14 April 2017
  • Turkye ingesluit: 4 – 17 April 2017

OPSIONEEL

  • 3 Dae (2 nagte) Istanbul

 

BASIESE TOER INLIGTING


  • Vertrek: Moet nog bevestig word
  • Paulus deel van toer: 11 dae / 10 nagte
  • Ekstra Opsie (Istanbul): 3 dae / 2 nagte

Klik op die skakels hieronder om die volledige reisplan van die Paulus toer na Griekeland af te laai:

Paulus Reisplan

TOERPRYSE


 

Toerpryse sluit in:

  • Alle ekskursies soos op die reisplan uiteengesit.
  • Landgedeelte van toer: 2 Etes per dag / Bootreis: Alle etes op die skip (3 per dag).
  • Bootvaart: Medium grootte Luukse Passasierskip. www.louiscruises.com.
  • Landvervoer met luukse lugverkoelde toerbus.
  • Hawe belasting (USD 98 per persoon).
  • Voltydse Engelssprekende gids gedurende landgedeelte van die toer.
  • Ekskursies gedurende bootvaart: Mykanos, Efese, Patmos en Santorini.
  • Alle fooitjies vir gidse en hotel staf.
  • Fooitjies vir Skeepspersoneel (Euro 10 per persoon per dag).
  • Toer materiaal: Toerleêrs met dag tot dag toerinligting, Bybelverwysings, toepaslike inligting oor Griekeland en landkaarte.

Toerpryse sluit uit:

  • Vlugte.
  • Schengen visums.
  • Reis- en Mediese versekering.
  • Sakgeld, etes nie bo uiteengesit, ander persoonlike uitgawes telefoonoproepe internet gebruik, wasgoed ens.
  • Vervoer vanaf lughawe en terug.
  • Ekskursie na Kreta ($ 62 per persoon) asook ander ekskursies nie op die reisplan genoem.
  • Sakgeld.
  • Enkelkamer tarief.

 

Belangrike INLIGTING


Toerprys is teen die volgende wisselkoerse bereken:

  • Landgedeelte van toer: Euro 1 = R15.50
  • Bootrit: USD 1 = R14.00
  • Vir Schengen Visum aansoeke moet u ‘n afspraak maak en persoonlik ingaan na die Griekse VFS Global kantore in (volledige inligting en bystand sal verskaf word).
  • Minimum Toerlede: 16
  • U bespreek eie vlugte. Ons kan u daarmee help en verskillende opsies gee.