Wat sê vorige toerlede

 

Baie dankie Yolandi julle vir ‘n absolute wonderlike ondervinding. Alles was perfek gereël en die slaapplekke heerlik. As ek sien hoe ander mense gesukkel het, is jul reëlings net die beste. Om die Camino te stap is regtig die moeite, seer bene, voete en blase op tone werd! Doen dit gerus! Maar laat “Vellies na die Vreemde” dit reël…

 

 

Ané Mentz

 

Liewe Vellies na die Vreemde span

 

Ek wil net graag so baie dankie sê vir al die reëlings, julle professionele manier waarop alles gedoen is en die wonderlike verblyf. Die Camino was lewensveranderend. Die Here was daar by my – elke tree wat ek gestap het. Ek en Pieter beplan en spaar al klaar om dit in 2019 te gaan stap!

 

 

Adri Uys

 

Hi Yolandi, ons is klaar… dit was fantasties!!! Baie dankie vir alles en al die plekke waar ons gebly het was wow!!!!!

 

 

Natalie Fleischhauer

 

From the word go we started planning our Camino and made contact with Yolandi, she provided us with highly professional service. She assisted and was part of the planning process giving ongoing guidance and advice. When we made our booking with her company, she had a meeting with us discussing all details regarding our whole trip and answered all our questions. She also assisted us with our visa applications.

Whilst on route to Spain, she constantly kept contact until she was sure we all arrived safe. Three of our group had problems with connecting flights and missed their train to Sarria. (She was not in charge of our flight bookings) We contacted Yolandi and before we knew it, she advised us which train to take next and arranged for a private taxi to pick us up from the train station and take us to Sarria. All of this at midnight. During our trip she provided ongoing support and messages of well wishes. When we returned home, she remained in contact with all of us on route until she was sure we all arrived safely again. If The Camino is on your bucketlist, Yolandi is the lady to contact and make this dream come true.

 

Marina Loubser, Durbanville

 

 

Vandag ’n maand gelede het ons Spanje toe gevlieg opgewonde vir ’n nuwe avontuur maar tog ook bietjie bang. Het ons genoeg geoefen? Nou kyk ons terug na ’n wonderlike ervaring wat soos ’n droom voel. Heeltemal genoeg geoefen. Die inspirasie en energie wat die paadjes tussen bome, kerkies, dorpies en café / bar verskaf, sorg dat ons effens seer voete maar nie stokvlou elke aand die dag herbeleef. Die gewoel van die lewe, uitdagings wat daagliks soos ’n stormwind ruk en pluk aan ons salige plekkie van vrede en tevrede gemoed dreig om ons te ontspoor. Ons gaan sit dan maar net weer in ’n café / bar en eet ’n broodjie of steek ’n kersie aan om te vind dat ons steeds put uit die anker van ons ervaring. ‘n Groot deel van ons gemoedstoestand is as gevolg van jou uitstekende bystand, ondersteuning, raad, kennis en diens. Ons het geen teenspoed beleef nie.

Daarvoor sê ons baie dankie. Groete tot die volgende een.

Harry en Estelle van Nieuwenhuizen