Camino Finisterre Roete
August 27, 2018 chrisna
Camino Finisterre Roete as hoof roete of as 'n 'add-on'
Begin by Santiago en stap na die kus van Galicia as jou hoof Camino. Ons bied ook hierdie roete as 'n 'add-on' opsie aan NADAT jy jou compostela in Santiago de Comostela ontvang het na afloop van 'n hoof Camino.
Begin by santiago na finisterre
- Aantal nagte: 5 l Stap dae: 4 l Afstand Totaal tot in Finisterre: 90 km
Dag | Roete | Km |
1 | Arriveer en oornag in Santiago | |
2 | Negreira - Olveiroa. Daar is ‘n moontlikheid om hierdie lang seksie tussen Negreira en Olveiroa te verdeel. | 21 |
3 | Olveiroa - Cee / Corcubion | 33 |
4 | Cee / Corcubion - Finisterre (13 km na jou akkommodasie + 3 km na die lighuis). | 20 |
5 | Na ontbyt, vertrek terug huistoe of ‘n moontlike opsie om verder te stap to by Muxía. | 16 |
Hier is dit moontlik om voort te gaan na Muxía wat in 1 of 2 ekstra dae gedoen
kan word.
- Aantal nagte: 1/2 l Stap dae: 1/2 l Afstand Totaal tot in Muxia: 28 km
Dag | Roete | Km |
6 | Finisterre - Muxía OF ‘n moontlike verdeling in 2 dae | |
6 | Finisterre - Lires | 28 |
7 | Lires - Muxía | 14 |
7 | Vertrek terug huistoe of bly ekstra nag(te) in Santiago | 14 |
Toerpryse sluit in:
- Ons bespreek jou verblyf vooraf, bed & ontbyt basis. Hotelletjies het almal privaat kamers en- badkamers (geen Aubergues). Alle akkommodasie is op of naby die Camino roete geleë.
- Camino paspoort en ‘credentials’ asook volledige pakket met ‘n stap handleiding, verblyf ‘vouchers’ en roetekaarte ingesluit (ontvang reeds voor vertrek).
- 24 uur bystand deur ons Engelssprekende agente in Spanje tydens jou Camino.
Toerpryse sluit uit:
- Vlugte: Internasionaal en binnelands.
- Schengen Visum vir Spanje (ons kan hulp verleen teen R350 per applikasie).
- Middagetes en aandetes, drankies en ander verversings wat nie in die toerplan uiteengesit nie.
- Daaglikse vervoer van jou bagasie tydens stapdae.
- Oorplasings per trein of bus dag 1.
- Lughawe oorplasing laaste dag.
- Persoonlike reisversekering, mediese versekering, paspoortgelde en bagasieversekering (reisversekering moet uitgeneem word sodra vlugte bespreek is en voor finale betaling van camino pakket deur Vellies na die Vreemde. Indien betalings reeds gemaak is en u kanselleer u Camino, is dit u verantwoordelikheid om by u reisversekering te eis).
- Persoonlike uitgawes bv. wasgoed, kommunikasie kostes, telefoonrekening, kamerdiens ens.