Camino Portuguese Kusroete

Camino Portuguese Kusroete

Portuguese Kus Camino


Begin by Porto
  • Aantal nagte: 9   l   Stap dae: 8   l  Afstand Totaal: 264 km
Dag Roete Km
1 Aankoms en oornag in Porto (dit is moontlik om ekstra nagte in Porto te bly om die stad te besoek). 0
2 Porto - Vila do Conde 22
3 Vila do Conde - Esposende 24
4 Esposende - Viana do Castelo 25
5 Viana do Castelo - Vila Praia de Âncora 19
6 Vila Praia de Âncora – Public Ferry - A Guarda 15
7 A Guarda - Oia 13
8 Oia - Baiona 18
9 Baiona - Vigo (dit is moontlik om ekstra nagte in Vigo te bly om die stad te besoek). 25
WP Table Builder

 

Begin by vigo
  • Aantal nagte: 6   l   Stap dae: 5   l  Afstand Totaal: 103 km
Dag Roete Km
1 Arriveer en oornag in Vigo (opsie vir ekstra nag(te) in Vigo) 0
2 Vigo – Cesantes 22
3 Cesantes - Pontevedra 17
4 Pontevedra - Caldas de Rei 21
5 Caldas de Rei - Padron 19
6 Padron - Santiago 24
7 Vertrek of bly ekstra nag(te) in Santiago
WP Table Builder

 

algemene inligting


Toerpryse sluit in:

  • Ons bespreek jou verblyf vooraf, bed & ontbyt basis. Hotelletjies het almal privaat kamers en- badkamers (geen Aubergues). Alle akkommodasie is op of naby die Camino roete geleë.
  • Bagasie vervoer daagliks gedurende stapdae. 1 Tas per persoon ingesluit in die prys. Ekstra tasse kan bespreek word teen Euro 5 per dag per tas (maksimum 20 kg).
  • Registrasie en Camino dokumentasie deur Confraternity of St James (word benodig vir die Schengen Visum).
  • Camino voorbereidings- en reiswenke & volledige ‘Wat om te pak’ lys.
  • Camino paspoort en ‘credentials’ asook volledige pakket met ‘n stap handleiding, verblyf ‘vouchers’ en roetekaarte ingesluit (ontvang reeds voor vertrek).
  • 24 uur bystand deur ons Engelssprekende agente in Spanje tydens jou Camino.

Toerpryse sluit uit:

  • Vlugte: Internasionaal en binnelands.
  • Schengen Visum vir Spanje (ons kan hulp verleen teen R350 per applikasie).
  • Middagetes en aandetes, drankies en ander verversings wat nie in die toerplan uiteengesit nie.
  • Oorplasings per trein of bus dag 1 (prys op aanvraag).
  • Lughawe oorplasing laaste dag.
  • Persoonlike reisversekering, mediese versekering, paspoortgelde en bagasieversekering (reisversekering moet uitgeneem word sodra vlugte bespreek is en voor finale betaling van camino pakket deur Vellies na die Vreemde. Indien betalings reeds gemaak is en u kanselleer u Camino, is dit u verantwoordelikheid om by u reisversekering te eis).
  • Persoonlike uitgawes bv. wasgoed, kommunikasie kostes, telefoonrekening, kamerdiens ens.