Camino Rome Roete
May 25, 2023 chrisna
Camino via PODIENSIS
Begin by Siena na Viterbo
- Aantal nagte: 9 l Stap dae: 10 l Afstand Totaal tot in Rome: 270 km
Dag | Roete | Km |
1 | Aankoms en oornag in Siena (moontlikheid vir ekstra nag(te) in Siena om die stad te besoek). | |
2 | Siena - Luciniano | 23 |
3 | Luciniano – Buonconvento | 13 |
4 | Buonconvento - San Quirico d’Orcia | 22 |
5 | San Quirico d’Orcia – Bricole | 18 |
6 | Bricole - Radicofani | 14 |
7 | Radicofani - Acquapendente | 31 |
8 | Acquapendente – Bolsena | 22 |
9 | Bolsena – Montefiascone | 14 |
10 | Montefiascone - Viterbo | 19 |
Stap verder of Begin by Viterbo na Rome
- Aantal nagte: 5 l Stap dae: 5 l Afstand Totaal tot in Rome: 111 km
Dag | Roete | Km |
1 | Aankoms en oornag in Viterbo (moontlikheid vir ekstra nag(te) in Viterbo om die stad te besoek). | |
2 | Viterbo – Vetralla | 22 |
3 | Vetralla – Sutri | 22 |
4 | Sutri – Campagnano di Roma | 25 |
5 | Campagnano di Roma – Isola Farnese | 24 |
6 | Isola Farnese – Rome | 18 |
algemene inligting
Toerpryse sluit in:
- Ons bespreek jou verblyf vooraf, bed & ontbyt basis. Hotelletjies het almal privaat kamers en- badkamers (geen Aubergues). Alle akkommodasie is op of naby die Camino roete geleë.
- Registrasie- en Camino-dokumentasie soos benodig vir jou Schengen Visa.
- Camino voorbereidings- en reiswenke & volledige ‘Wat om te pak’ lys.
- Camino paspoort en ‘credentials’ asook volledige pakket met ‘n stap handleiding, verblyf ‘vouchers’ en roetekaarte ingesluit (ontvang reeds voor vertrek).
Toerpryse sluit uit:
- Vlugte: Internasionaal en binnelands.
- Schengen Visum vir Italië (ons kan hulp verleen teen R350 per applikasie).
- Middagetes en aandetes, drankies en ander verversings wat nie in die toerplan uiteengesit nie.
- Daaglikse vervoer van jou bagasie tydens stapdae.
- Oorplasings per trein of bus dag 1.
- Lughawe oorplasing laaste dag.
- Persoonlike reisversekering, mediese versekering, paspoort-gelde en bagasieversekering (reisversekering moet uitgeneem word sodra vlugte bespreek is en voor finale betaling van camino pakket deur Vellies na die Vreemde. Indien betalings reeds gemaak is en u kanselleer u Camino, is dit u verantwoordelikheid om by u reisversekering te eis).
- Persoonlike uitgawes bv. wasgoed, kommunikasie kostes, telefoonrekening, kamerdiens ens.