Charlotte Werth Groepstap
January 29, 2020 chrisnaCharlotte Werth
Ek is 'n gebore kaalvoetkind van Namibia wat ná skool my vlerke gesprei het na Matieland. Ek het die onderwyshoed gedra vir 'n tyd en toe oorbeweeg na die wyn industrie, waar ek verseker dat die wynmakers die beste kwaliteit wyne maak. Behalwe my toewyding en verantwoordelikhede om heerlike Darling wyne op die rak te kry, is ek 'n liefdevolle viervoet mamma van Lotti, my greatdane, asook Mici en Kabousi, my 2 wolbol Persians. Ek balanseer die werkstres met 'n baie kreatiewe gees wat strek van my eie keramiekware reeks ‘’little Lotta’’, kuns, mosaiek en dan is ek baie lief vir lees, veral Afrikaans (ons het van die beste skrywers in Afrikaans – op my bedkoffer lê tans die biografieë van Ander P Brink en Ingrid Jonker asook Stiltetyd van Maritha van der Vyfer).
Om my batterye te herlaai, die gesonde blos op my wange te behou en my kop gesond te hou, stap ek. Plaaslike staproetes soos die Otter en Tsitsikamme het ek gedoen, maar 10 jaar terug het ek die camino way begin volg en die droom het begin.
“Camino de me vida – the way of my life.”
Vir my 50ste verjaardag het ek my eerste camino gestap vanaf Sarria na Santiago. “Suadade” het my totaal en al oorrompel en ek kon nie stop 'camino' nie. Die Portuguese camino het gevolg, daarna die English, Finistere en Muxia en nog is daar nie einde aan hierdie paaie wat my vul met vrede nie. Hierdie bly van die grootste belewenisse van my lewe. Die kameraderie wat jy ondervind, diep gesels, laf gesels, alleen gesels en net doodse stiltes ook, net soos jou hart dit begeer.
Wat 'n absolute voorreg sal dit wees om dit met jul elkeen te kan deel!
Basiese Toerinligting
Datum onbekend
1 Nag Porto
8 Nagte Camino vanaf Tui
2 Nagte Santiago
Datum onbekend
Opsionele Add-on Toer:
1 Nag Lisbon
1 Nag Sintra