Erns Grundling Groepstap

Erns Grundling

Erns Grundling is ‘n skrywer, fotojoernalis, TV-aanbieder en vervaardiger van Stand-up komedie.

Hy het as joernalis gewerk by Die Burger Oos-Kaap, LitNet, Insig, Huisgenoot en Weg. Vir sy joernalistiek is hy bekroon met 12 nasionale toekennings, wat drie Pica’s insluit as Profielskrywer van die Jaar (2011-2013).

Sy eerste boek, Elders (Queillerie, 2017) is ‘n topverkoper en reeds in sy vyfde druk. In 2019 het die Engelse vertaling, Walk It Off, verskyn. In dieselfde jaar publiseer Queillerie Erns se versamelbundel Koshuis en sy tweede reisboek, Sushi en Shosholoza - Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan. Van sy gedigte is opgeneem in bundels soos Nuwe Stemme 3 (2005) en Groot Verseboek (2008).

Hy was ‘n inhoudsvervaardiger en mede-aanbieder van die TV-reeks Weg Agterpaaie op Via (2016-2017) wat vir ‘n SAFTA en twee ATKV-Mediaveertjies benoem was.

Erns is aanbieder en mede-vervaardiger van die Elders-reisreekse op kykNET, waartydens by na Spanje en Japan gereis het. Hy het ook gewerk as ’n uitvoerende vervaardiger, skrywer en korrespondent vir Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, die eerste Afrikaanse satiriese nuusprogram op kykNET. Hy is ‘n mede-redakteur van die literêre tydskrif Ons Klyntji en ‘n omroeper op The Unhappy Hour Show, Sondagaande op Bush Radio 89.5FM. Deesdae is hy ook ’n gewilde spreker.

Basiese Toerinligting

Opsie 1:

Begin vanaf Ponferrada: 03 -16 Julie 2021
13 Nagte verblyf
11 Stapdae | Totale afstand 214 Km

Opsie 2:

Begin vanaf Sarria: 09 - 16 Julie 2021
8 Nagte verblyf
6 Stapdae | Totale afstand 115 km

Add-on:

Begin vanaf Santiago tot in Muxia: 17 - 25 Julie 2021
8 Nagte verblyf
7 Stapdae | Totale afstand 97 km

Maksimum Toerlede: 20

Reisplan & Pryse Navraag