InVia Retreat & Pilgrimages

InVia gemeente neem 'n groep jongmense tussen die ouderdom van 20 - 35 om 'n week by Taize gemeenskap deur te bring en daarna die begin van die Camino Podiensis vanaf Le-Puy-en-Velay te stap.

Die Taizé-gemeenskap is 'n ekumeniese Christelike klooster-broederskap in Taizé, Saône-et-Loire, Boergondië, Frankryk en is vandag een van die wêreld se belangrikste destinasies vir Christelike pelgrimsreisigers met 'n sterk fokus op die jeug.

Meer as 100,000 jongmense van regoor die wêreld onderneem elke jaar pelgrimstogte na Taizé om deel te neem in gebed, Bybelstudie, samesang en te deel in gemeenskaplike werk. Ons gaan 'n week hier spandeer.

Die Le Chemin du Puy, oftewel Le Puy-roete, is die gewildste van die Camino de Santiago- roetes in Frankryk. Soms word daarna verwys as die Via Podiensis. Vanaf die prentjie mooi pelgrims dorpie Le-Puy-en-Velay in Auvergne in die Suide van Frankryk, kronkel die roete oor die vulkaniese heuwels van die Velay-streek.

Ons groep gaan 'n 3-dag stap vanaf Le-Puy-en-Velay na St Privat onderneem en ons reis dan met 'n dag in Parys afsluit!

Toer Opsomming

Datum: 2021

7 Nagte Taizé Gemeenskap
3 Nagte Camino Le-Puy-en-Velay na Sauges

Reisplan & Pryse Navraag

[wpforms id="1406" title="false" description="false"]