Koos & Barbara van der Merwe Groepstap

Koos & Barbara van der Merwe

Dr. Koos van der Merwe, predikant, bekroonde liedskrywer en digter, was 12 jaar rubriekskrywer vir SARIE tydskrif en behartig tans die agterblad rubriek vir Finesse tydskrif.

Koos is tans die leierleraar van Eden Gemeente, 'n onafhanklike gemeenskapskerk in George. Hy is 'n digter met vier gepubliseerde digbundels: Optelwoorde, Pelgrimverse, Rympies in die vliet (in die vorm van 'n joernaal) en sy nuutste Nagverse.

Koos het 'n passie vir woorde en het al talle toere na Bybellande soos Israel, Jordanië, Turkye en Griekeland begelei. Sy  besondere insig in die Woord, Christen- en pelgrim wees maak 'n reis saam met hom 'n besondere belewenis van ontdek, verwondering en stilword.

Koos en sy vrou Barbara stap in September die Camino de Santiago vanaf Sarria na Santiago en nooi 'n groepie pelgrims om hierdie geleenheid met hulle mee te maak.

Basiese Toerinligting

Datum onbekend
Aantal nagte verblyf: 9
Aantal stap dae: 6
Totale stapafstand: 115 km

Reisplan & Pryse Navraag