Marina Loubser Groepstap
December 9, 2019 chrisnaMarina Loubser
"Ek is passievol oor reis, en stap, en ek glo jy sien 'n land baie beter wanneer jy deur die dorpies en areas stap. Benewens reis, is my ander passies kos, kuns & kultuur - en hoe dan nou beter as om hierdie klompie almal in een te kombineer!"
Nie almal is gemaklik met reisbeplanning en die logistiek daaraan verbonde nie en dis waar Marina jou graag sal bystaan. Sy doen vlugbesprekings en is 'n gelisensieerde reisversekeringsagent, so jou reisbeplanning is in goeie hande saam met haar!
"Behalwe my gewone omswerwinge en reise na ander lande, is my hart se punt die Camino de Santiago. Ek het my eerste Camino in 2017 gestap, vanaf Sarria na Santiago en behoorlik verlief op hierdie antieke pelgrimsroete geraak! In 2018 stap ek die Portugese roete vanaf Porto na Santiago en keer weer in 2019 terug vir die Franse roete - die keer vir die eerste keer as groepleier. Ek is so opgewonde om hierdie fantastiese lewenservaring met almal te deel, en ja, ek is 'n selferkende Caminoholic!!"
Basiese Toerinligting
Datum onbekend
8 Nagte Montefiascone na Rome (ingesluit 2 nagte in Rome)
Datum onbekend
Opsionele Add-on Toer in Rome