Camino de Santiago

Camino de Santiago

KOM STAP DIE CAMINO SAAM MET ‘VELLIES NA DIE VREEMDE’


Die Camino het die vermoë om jou lewe ingrypend te verander en te verryk. Niemand kom ooit weer dieselfde van Santiago af terug nie. Miskien is dit dalk omdat jy gaan reis met ’n doel, of dalk is dit die duisend jaar se gebede wat al deur meer as ’n miljoen Pelgrims op hierdie besondere roete gebid is. Hoe dit ook al sy, die Camino maak gesond, nuut en vry!

Die ‘Camino de Santiago’ of ‘Weg van St Jakobus’ is die Pelgrimstog wat uiteindelik eindig by die katedraal van Santiago de Compostela in Galicia, Noord-Wes Spanje. Legende het dit dat hierdie Jakobus se sendingsroete was, en dat hy uiteindelik in Santiago, die eindpunt van die Camino begrawe is.

Mense stap die Camino vir verskillende redes. Sommige stap om ’n era of gebeurtenis af te sluit. Ander wil ’n nuwe begin inhuldig. Party doen dit suiwer vir die avontuur daarvan! Maar een ding is seker, niemand gaan huis toe sonder ’n paar lewensveranderende stories nie!

So kom stap saam! Stap alleen, of saam met iemand, of as deel van een van ons groepe. Stap teen jou eie tempo en met jou eie gedagtes, of stap kuier-kuier saam met ’n mede-pelgrim. Elke oggend lê ’n nuwe roete met ’n paar nuwe uitdagings voor en aan die einde van elke dag se stap kan jy uitspan by ‘n uitsoek hotelletjie, die dag se stories met ’n mede pelgrim deel en weet daar is ‘n skoon bed wat op jou wag!

Jy kan enige datum kies of saam op een van ons begeleide toere gaan. Ons bespreek vooraf jou akkommodasie (ontbyt ingesluit) en reël dat jou bagasie daagliks vervoer word. Daarmee saam gee ons vir jou ’n volledige dag-tot-dag stap handleiding met roetekaarte en stap informasie. Jy volg net die pyle en skulpies tot in Santiago.

Reisplan Opsies (Franse Camino)       Portugese Camino Roete Opsie


Kies enige datums, afstand en hoeveelheid dae. Aantal dae en afstande kan ook verander word om jou eie pas en behoeftes te akkommodeer.

Begin by Sarria

Hierdie is die mees gewilde deel van die Camino de Santiago en die verpligte deel indien jy jou ‘compostela’ (Pelgrimsertifikaat) in Santiago wil ontvang.

  • Aantal nagte: 8   l   Stap dae: 6   l  Afstand Totaal: 115 km
  • Vanaf Madrid neem ‘n trein na Sarria. Vanaf Santiago – neem ‘n taxi of bus na Sarria.
Dag Roete Km
1 Arriveer in Spanje (Madrid of Santiago). Oorplasings na beginpunt: Sarria
2 Sarria na Portomarin 22
3 Portomarin na Palas de Rei 25
4 Palas de Rei na Melide 14
5 Melide na Arzua 15
6 Arzua na Rua-O Pino 18
7 Rua na Santiago 21
8 Dagtoer na Finisterre of vrye dag in Santiago
9 Vertrek
WordPress Tables Plugin

Jy kan ook langer stap. Hier is die verskillende opsies wat die Sarria stap voorafgaan:


Begin by Ponferrada
  • Aantal nagte ekstra: 5    l   Afstand tot in Santiago: 214km 
Dag Roete Km
1 Oorplasing na Ponferrada
2 Ponferrada na Villafranca del Bierzo 22
3 Villafranca del Bierzo na Herrerías de Valcarce 20
4 Herrerías de Valcarce na O Cebreiro (baie styl afdraend daarom slegs 10 km) 10
5 O Cebreiro na Triacastela 22
6 Triacastela na Sarria 25
WordPress Tables Plugin
BEGIN BY ASTORGA
  • Nagte ekstra: 3  |  Afstand tot in Santiago: 270km
Dag Roete Km
1 Oorplasing na Astorga
2 Astorga na Rabanal del Camino 22
3 Rabanal del Camino na El Acebo 17
4 El Acebo na Ponferrada (styl opdraend en weer afdraend daarom slegs 15km) 15
WordPress Tables Plugin
Begin by León
  • Nagte ekstra: 2  |  Afstand tot in Santiago: 310km
Dag Roete Km
1 Arriveer in Spanje en oornag in León
2 León na Villar de Mazarife / Villavante (akkommodasie is geleë in Villavante (29 km) die hotel laai pelgrims by die 20 km merk op) 20 - 29
3 Villavante na Astorga 23
WordPress Tables Plugin

ons bied ook 'n stadige camino opsie aan


Begin by Sarria

Hierdie opsie bied korter en gemaklike stap afstande wat jou steeds in Santiago bring.

Dag Roete Km
1 Arriveer en oornag in Sarria
2 Sarria na Morgade 10
3 Morgade na Portomarin 12
4 Portomarin na Ventas de Naron OF na Airexe 13 / 17
5 Ventas de Naron na Palas de Rei OF Airexe na Palas de Rei (Nota: in Ventas de Narón slegs kamers met gedeelde badkamers beskikbaar) 12 / 8
6 Palas de Rei na Melide 15
7 Melide na Arzua 15
8 Arzua na Salceda 10
9 Salceda na Pedrouzo 10
10 Pedrouzo na Lavacolla 10
11 Lavacolla na Santiago 10
12 Vrye dag in Santiago of vertrek huistoe
WordPress Tables Plugin

algemene inligting


Toerpryse sluit in:

  • Verblyf, bed & ontbyt basis (2 of 3 stappers per kamer). Hotelletjies het almal privaat geriewe en is op, of baie naby aan die roete geleë.
  • Bagasie vervoer daagliks tydens stapdae.
  • Registrasie en Camino dokumentasie deur Confraternity of St James (julle het dit nodig vir die Schengen Visum).
  • Camino voorbereidingsvoorstelle en volledige ‘Wat om te pak’ lys.
  • Camino paspoort en ‘credentials’ asook volledige pakket met stap 'n handleiding, verblyf ‘vouchers’ en roetekaart ingesluit (ontvang reeds voor vertrek).
  • 24 Uur bystand deur Engelssprekende agente in Santiago tydens Camino.

Toerpryse sluit uit:

  • Vlugte: Internasionaal en binnelands.
  • Schengen Visum vir Spanje (ons verleen wel hulp).
  • Middagetes en aandetes, drankies en ander verversings is nie in die toerplan uiteengesit nie.
  • Lughawe oorplasings eerste en laaste dag behalwe waar aangedui.
  • Persoonlike reisversekering, mediese versekering, paspoortgelde en bagasieversekering (reisversekering moet uitgeneem word sodra vlugte bespreek is en voor finale betaling van camino pakket deur Vellies na die Vreemde. Indien betalings reeds gemaak is en u kanselleer u Camino, is dit u verantwoordelikheid om by u reisversekering te eis).
  • Persoonlike uitgawes bv. wasgoed, kommunikasie kostes, telefoonrekening, kamerdiens ens.

Vir navrae en kwotasies, vul asseblief die onderstaande vorm in: