Ander Pelgrimstogte
September 29, 2015
9 – 18 september 2017
‘n Israel toer, met ietsie van alles, maar met ‘n hartklop wat hierdie ‘n ware, fynproewers PELGRIMSTOG sal maak
This tour will be fully bilingual and conducted in both Afrikaans and english
A tour to Israel with a difference.
See all the famous sites – without the normal group tour rush.
Explore hidden treasures – without the extra cost.
See the places, taste the cuisine, understand the cultures and live the journey.
This tour to Israel will leave you mesmerized, humble and thankful to follow our Lord.
Die Bybel gaan vir jou persoonlik en op ‘n unieke wyse “lewend” word…
- Om by En Gedi Dawid se “lewende water” in die bar woestyn te beleef. Word jy stil, of jubel jy saam? Of altwee?
- Om by Tabgha op die presiese plek te staan waar Jesus Sy gesprek met Petrus gehad het, terwyl die See van Galiléa jou voete natspat.
- Om stil te word in Getsemané (en nee, nie die gekommersialiseerde Getsemané nie – die ware een, waar jy wil stil word).
- Om op Tabor, die Berg van Jesus se Verheerliking, te staan; of op Karmel – en uit te kyk oor die vlakte waar die finale slag met die Wederkoms gaan plaasvind.
- Of om Nagmaal te hou by die Tuingraf; of toe te laat dat die Jordaan jou Doopbelewenis word wat niemand kan wegneem nie.
Hierdie toer neem jou na al die bekende plekke, maar ook na die onbekende.
- Waarom neem Jesus Sy dissipels so ver noord as Ceserea-Filippi? Die rede sal jou jou geloofsvrae laat verdiep.
- Onder die Klaagmuur is een van die grootste rotse wat in Salomo se tempel ingebou is. Niemand kan ‘n verduideliking daarvoor gee nie, want die Bybel sê daar is nie ‘n beitel gebruik nie, net ‘n doodse stilte met die bouery. Jy kan daaraan gaan raak.
- Ons gaan na die Klaagmuur toe, natuurlik, maar die enigste plek wat behoue gebly het is ook die suidelike trappe, met sy reuse reinigingsbaddens. Jy sal Handelinge voor jou oë sien lewend word.
- Soos ook ‘n byna ondenkbare ervaring bo-op die Tempelberg. Dit kan vir jou soos hemel wees. (Ek sien geweldig uit juis hierna!)
- Baie min mense besef dat daar langs die Geboorte-grot van Jesus in Bethlehem, ook ‘n ander grot is wat ‘n groot rol gespeel het in die uitbou van die Christendom. Jou ervaring hier sal die hare op jou arms laat regop staan. Soos ook in ‘n ander grot waar Jesus Sy dissipels leer bid het.
Israel is ‘n pelgrimstog. ‘n Belewenis.
Willem Botha
Didasko Bybelskool (Toerleier)
Hoogtepunte uit ons toerprogram
3 Dae Galilea en omgewing
- Druze Villiage en tradiosionele middagete hier
- Nasaret Village – Israel soos in Jesus se kinderdae
- Kana en Magdala waar Maria Magdalena gewoon het
- Caesarea Phillipi waar Jesus sy Dissipels op Sy dood voorberei het
- Berg Karmel waar Elia se altar was en uitsig oor Armageddon valley
- die Antieke stad Megido
- Tabor, die Berg van verheerliking
- Berg van Saligsprekinge op die oewer van die See van Galilea
- Tabgha waar Jesus die vissies en brode vermeerder het
- Yardinite – doopplek in die Jordaanrivier
- Bootrit op die See van Galilea
- Kapernaum met oorspronklike fondasies van die sinagoge waar Jesus geleer het
Jordaan vallei
- Bet Shean en Gilboa gebergte waar Saul dood is
- Jericho
Dooie See en omliggende area
- Qumran waar die Dooie See perkamentrolle gevind is
- Oornag aan die oewer van die Dooie see in ʼn luukse Spa Hotel
- Kabelkarretjie na Masada
- Ein Gedi Oase en natuurreservaat waar Dawid vir Saul weggekruip het
Jerusalem
- 5 Nagte in Jerusalem
- Vier saam met ons die Shabbat in Jerusalem
- Besoek die Yad Vashem Holocaust museum
- Israel museum en Galery waar die Dooie See perkamentrolle bewaar word
- In Betlehem besoek ons Jesus se geboorteplek en die herdersvelde
- Volg die Via Dolorosa na Golgota
- Gebruik saam nagmaal by die Tuingraf
- Ontdek Jerusalem die Ou Stad met ‘n besoek aan die Klaagmuur en beleef Joodse Bar Mitzvah’s
- Tempelberg en “Dome of the Rock”
- Davidson Sentrum met die Suidelike Tempelmuur. Hier is o.a. die oorspronklik trappe na die 2de Tempel steeds in plek
- Stad van Dawid argeologiese opgrawings, Hiskia se tonnel en Siloam bad
- Ons besoek ‘n privaat gedeelte van die Tuin van Getsemané en stap vanaf die Olyfberg na die Via Dolorosa en Tuingraf
- Stap deur die ondergrondse tonnels by die Klaagmuur
- ‘Spectacular Sound & Light show’ by die David Citadel
Klik op die skakels hieronder vir die Israel Toer opsomming of stuur ‘n epos vir meer inligting.
Israel Toeropsomming Stuur E-pos 3 Dae Jordanië Ekstra
Toerpryse
R 24 950 per persoon wat deel (Vlugte uitgesluit) |
---|
Groep vlugte met EL AL lugredery: R10 100 (onderhewig aan wisselkoers) |
Wisselkoers: USD 1 = R 13.50 |
Deposito: R 5000 met bespreking. Nie-terugbetaalbaar na 15 April 2017. |