About Us
July 10, 2025 Yolandi van der Wath
Tailor-made pilgrimages to suit your needs. Walk on your own, with a friend, or Maybe even with a few friends by joining one of our accompanied groups. We custom-make every itinerary to ensure you have the very best experience!
A pilgrimage can profoundly change and enrich your life. It may be because you're travelling with a purpose, or perhaps it's the thousands of years of prayers that have been prayed by millions of other pilgrims on a specific route. Either way, whether you walk the Camino de Santiago (in Spain), the Via Francigena (in Italy), the Via Podiensis (in France) or the Pilgrimage of Hope (in South Africa), pilgrimages heal, renew and set you free!
The 'Camino de Santiago' or 'Way of St James' is the Pilgrimage which finally ends at the Cathedral in Santiago de Compostela in Galicia, in northwest Spain. Legend has it that this was James' missionary route and that he was eventually buried in Santiago. Pilgrimages always have a "Kilometer 0" endpoint - a specific destination you are journeying toward. For instance, Vatican City is "Kilometer 0" of the Via Francigena, while the lighthouse of Agulhas is the final arrival point of the Pilgrimage of Hope routes in South Africa. In doing so, pilgrims cover a distance by leaving kilometres behind them, but symbolically usually also something more personal.
People walk pilgrimages for different reasons. Some walk to end an era, close a chapter or event. Others want to inaugurate a new beginning. Some do it purely for the adventure of it! But one thing is for sure: no one returns home without a few life-changing stories to tell!
So, pick up your walking stick and come walk with us! You can walk alone, with a companion, or as a group. Walk at your own pace, with your thoughts, or at times with a fellow pilgrim. Each morning presents a new route with some new challenges and at the end of each day's walk, you can relax at a select hotel and share the day's stories and experiences with fellow pilgrims, knowing a clean bed awaits you!
You can choose any date, or join one of our scheduled tours. We book your accommodation in advance, breakfast included (an supper, if you prefer), and arrange daily luggage transportation. We also provide you with a complete daily walking manual, with route maps and walking information. Just follow the arrows and shells all the way to Kilometer 0.
Experience this adventure with us!
--
Ons pasmaak jou pelgrimstog volgens jou behoeftes. Of jy alleen loop of saam met 'n vriend. Dalk saam met 'n paar vriende, of selfs by een van ons begeleide groepstappe aansluit. Ons maak seker dat jy die beste moontlike pelgrimstog ondervinding geniet!
‘n Pelgrimstog, het die vermoë om jou lewe ingrypend te verander en te verryk. Miskien is dit omdat met 'n doel reis, of dalk is dit die duisende jare se gebede wat al deur miljoene ander pelgrims op ‘n spesifieke roete gebid is. Hoe dit ook al mag wees, of jy die Camino de Santiago (In Spanje) Via Francigena (in Italië), Via Podiensis (in Frankryk) of die Pelgrimstog van Hoop (in Suid-Afrika) gaan stap.... pelgrimstogte bring genesing, nuutheid en vryheid!
Die ‘Camino de Santiago’ of ‘Weg van St Jakobus’ is die Pelgrimstog wat uiteindelik eindig by die katedraal van Santiago de Compostela in Galicia, Noord-Wes Spanje. Volgens legende was dit Jakobus se sendingsroete, en hy is uiteindelik in Santiago, die eindpunt van die Camino, begrawe. Pelgrimstogte het altyd ‘n “Kilometer 0” - ‘n eindpunt, die plek waarheen jy oppad is. So is die Vatikaanstad die "Kilometer 0" van die Via Francigena, en aankoms by die ligtoring van Agulhas is die laaste punt van die Pelgrimstog van Hoop. Pelgrims lê ‘n afstand af, los kilometers agter hulle, maar simbolies ook dikwels iets meer persoonlik.
Mense stap pelgrimstogte vir verskillende redes. Sommige stap om ’n era, hoofstuk of gebeurtenis af te sluit, ander om ’n nuwe begin in te huldig. Party doen dit suiwer vir die avontuur daarvan! Een ding is egter seker, niemand gaan huis toe sonder ’n paar lewensveranderende stories nie!
So kom stap saam! Stap alleen, of saam met iemand, of as deel van een van ons groepe. Stap teen jou eie tempo en met jou eie gedagtes, of stap kuier-kuier saam met ’n mede-pelgrim. Elke oggend lê ’n nuwe roete met ’n paar nuwe uitdagings voor, en aan die einde van elke dag se stap kan jy uitspan by ‘n uitsoek hotelletjie, die dag se stories met ’n mede-pelgrim deel en weet daar is ‘n skoon bed wat op jou wag!
Jy kan enige datum kies of saam met ons op een van ons geskeduleerde toere gaan. Ons bespreek vooraf jou akkommodasie (ontbyt ingesluit) en reël dat jou bagasie daagliks vervoer word. Ons gee ook vir jou ’n volledige dag-tot-dag stap handleiding met roetekaarte en stapinligting. Jy volg net die pyle en skulpies tot by Kilometer 0.
Kom beleef hierdie avontuur saam met ons!