Feedback from Pilgrims

Monica piek & Suzette Crouse

Ons lang verwagte Camino was alles waaroor ons gedroom het. Dankie weereens vir puik reëlings! Jissie alles het seepglad verloop! Sou lekker wees as jy vanaand saam kon celebrate! Hiers blykbaar ñ paar konserte… ons gaan bietjie kyk.

 

Palmira & Fernando Martins
Serzedo, Portugal

It’s amazing that it took us 13 days to walk to Santiago de Compostela and only a few hours by bus to get back home! The experience this time was different in a sense that there was no stress about where to sleep every night and also not carrying all that weight made things a lot easier. The Camino has also become quite a commercial enterprise – makes things a lot easier but it does also take away some of its charm.

Having said all that, I really enjoyed walking the Portuguese Camino.  We had extremely hot days at the beginning but somehow we got stronger as we got along.  We also stayed at some beautiful bnb’s – thank you.  We even had a round bed (in Barcelinhos) which made a great conversation piece.  Just one thing that maybe could be looked at – some of them only start breakfast at 08h00 which is a little late for pilgrims who want to start walking while it’s still cool. We were also not lucky enough to see the Botafumeiro in action even though we attended 2 masses. The people we met along the way were all special and some were even inspirational. All in all, a wonderful spiritual journey that I would recommend to anyone. Thank you for putting everything in place – was wonderful to work with you – greatly appreciated.


Magriet Jonker na haar tweede Camino saam met ons

September 2022

Die Camino is so goed vir my! Die katedraal was hierdie jaar hoendervleis mooi en ons het die botafumeiro gesien!! Voornemende pelgrims, wees fiks. Sorg dat jy data het veral as jy jou verblyf soek. As jy moeg in ‘n dorpie aankom wil jy nie nog sukkel of verdwaal nie. Versorging van voete baie belangrik.. vat jou tyd. Neem alles in. My bene en voete het soms swaar gekry. 300km vanaf Leon is ver. Camino moet jy camino, maar jy moet oefen.


Zenobia Carolus

September 2022

The Camino walk from Sarria to Santiago during October 2022 was a real pilgrimage for me. Arrangements and support by “Stap die Camino, Vellies na die Vreemde” Yolandi was excellent. Spiritual encounter and great impact on my life, it will be shared with others. Highly recommended! I got blisters the very first day. I left me vulnerable and I almost felt like giving up, but fellow pilgrims support and shared their plasters so I survived!

I thoroughly enjoyed the Finisterre tour. Highly recommend this.


Ronél Thiart

September 2022

Net mooi alles was fantasties! Ek het glad nie geweet wat om te verwag en geen vooropgestelde idees gehad nie. Die “beauty” van dit alles was dat elke dag sy eie baie spesiale ervaring gehad het – maak nie saak hoe die weerstoestande was of die interessante pelgrims langs die pad. Ek het baie dae gewonder “hoekom” ek dit doen….TOT ‘n wyse omie (stap in die reën saam met hom) die vraag vir my vra….sy kommentaar “Because you walk in Trust” – en daar is my antwoord!!! Sommige dae was afstandgewys uitdagend maar steeds “exciting”….. stap innie donker of stoksiel alleen vir lang km’s – nie een oomblik bang nie!!! My raad aan voornemende pelgrims. Jy moet voorberei en oefen. Jou “gear” moet prakties wees, goeie stapskoene en kry maar daai “mooi” sandale (hulle werk).
Praktiese ligte rugsak met baie sakkies (dankie Yolandi). Pak MIN!!!!


Zunica Ermel
Oktober 2022

Die beste herinneringe was om nuwe mense te ontmoet en almal is anders, maar op dieselfde golflengte want almal is in dieselfde boodjie. Almal help mekaar met alles. Van Sarria af was dit eers lekker om meer vreemde mense op die pad te ontmoet en met enige iemand te praat. Natuurlik was die kos en kuier wonderlik. Die “stampboekie” was pret op sy eie en dit moedig jou aan om orals in te gaan. As jy nog dink jys nie lus nie dan onthou jy – die stamp. My grootste uitdaging was om vroeg op te staan in die oggend. Die tye in Spanje is anders – dit word laat donker en laat lig in die oggende. So mens verloor bietjie slaaptyd met al die explorasies die vorige aand. (En natuurlik my kamermaat se wekker het nie gehelp met die “bomskok” in die oggend nie – maar ten minste was ons vroeg wakker (nie altyd betyds nie, maar betyds is gelukkig relatief. Mens word alles gewoond so by dag 3. Die ander uitdaging was elke dag se inpak en uitpak en dis ook nogals ‘n aanpassing om elke oggend in ‘n ander plek wakker te word. So elke dag is ‘n nuwe adventure om die kamer setup en die stort uit te figure. Maar alles deel van ‘n goeie ervaring. Maar mens leer vinnig aanpas.

En natuurlik die hooikoors met al die blare en bosse. Mens kan nie genoeg allergex en allarway inpak as jy weet jy kry hooikoors nie.


Thelma van Niekerk

2022

Om ‘n Camino te stap is om totaal uit jou boksie te klim. Ek het eendag toe ons nog 6km weg was van ‘n dorpie vir my dogter gesê, wat ek sal onthou van hierdie Camino is dat wanneer mens dink jy kan nie meer nie kan jy nog. Die blase waarvoor ek so bang was, was eintlik glad nie so erg nie. As mens dit reg hanteer is dit binne ‘n dag gesond. My bonus was dat ek dit saam met my dogter en kleindogter kon doen. Wat ‘n wonderlike seëning! As ek ooit weer die kans kry is ek verseker weer terug.


Adri Uys

June 2018

Liewe Vellies na die Vreemde span, ek wil net graag so baie dankie sê vir al die reëlings, julle professionele manier waarop alles gedoen is en die wonderlike verblyf. Die Camino was lewensveranderend. Die Here was daar by my – elke tree wat ek gestap het. Ek en Pieter beplan en spaar al klaar om dit in 2019 te gaan stap!

 


Natalie Fleischhauer
August 2018

Hi Yolandi, ons is klaar… dit was fantasties!!! Baie dankie vir alles en al die plekke waar ons gebly het was wow!!!!!

 

 

Marina Loubser (Durbanville)
June 2017

From the word go we started planning our Camino and made contact with Yolandi, she provided us with highly professional service. She assisted and was part of the planning process giving ongoing guidance and advice. When we made our booking with her company, she had a meeting with us discussing all details regarding our whole trip and answered all our questions. She also assisted us with our visa applications. Whilst on route to Spain, she constantly kept contact until she was sure we all arrived safe. Three of our group had problems with connecting flights and missed their train to Sarria. (She was not in charge of our flight bookings) We contacted Yolandi and before we knew it, she advised us which train to take next and arranged for a private taxi to pick us up from the train station and take us to Sarria. All of this at midnight. During our trip she provided ongoing support and messages of well wishes. When we returned home, she remained in contact with all of us on route until she was sure we all arrived safely again. If The Camino is on your bucketlist, Yolandi is the lady to contact and make this dream come true.


Harry en Estelle van Nieuwenhuizen
May 2017

Vandag ’n maand gelede het ons Spanje toe gevlieg opgewonde vir ’n nuwe avontuur maar tog ook bietjie bang. Het ons genoeg geoefen? Nou kyk ons terug na ’n wonderlike ervaring wat soos ’n droom voel. Heeltemal genoeg geoefen. Die inspirasie en energie wat die paadjes tussen bome, kerkies, dorpies en café / bar verskaf, sorg dat ons effens seer voete maar nie stokvlou elke aand die dag herbeleef. Die gewoel van die lewe, uitdagings wat daagliks soos ’n stormwind ruk en pluk aan ons salige plekkie van vrede en tevrede gemoed dreig om ons te ontspoor. Ons gaan sit dan maar net weer in ’n café / bar en eet ’n broodjie of steek ’n kersie aan om te vind dat ons steeds put uit die anker van ons ervaring. ‘n Groot deel van ons gemoedstoestand is as gevolg van jou uitstekende bystand, ondersteuning, raad, kennis en diens. Ons het geen teenspoed beleef nie. Daarvoor sê ons baie dankie. Groete tot die volgende een.


Suna O`Kennedy
(Port Elizabeth)
June 2016

Nogmaals baie dankie vir al jou reëlings Yolandi, ek kan nou nog nie glo dat alles so glad verloop het nie, veral vir iemand wat nog nooit sy voete uit SA gesit het nie! Die enigste ding wat ek anders moes gedoen het was om ‘n dag te rus in Sarria voordat my Camino begin het – 10 ure gevlieg, 2 ure op die stasie en 7 ure op die trein… Mens mis uit op jou eerste dorp! Die voete jeuk vir nog… en almal het my daarvoor gewaarsku! Na ‘n inbraak by my huis waar hulle al my juwele gesteel het, het ek besluit niks word vervang met aardse goed nie, ek sal reis en eerder memories bymekaar maak wat niemand van my kan steel nie. 


Ané Mentz

June 2016

Baie dankie Yolandi julle vir ‘n absolute wonderlike ondervinding. Alles was perfek gereël en die slaapplekke heerlik. As ek sien hoe ander mense gesukkel het, is jul reëlings net die beste. Om die Camino te stap is regtig die moeite, seer bene, voete en blase op tone werd! Doen dit gerus! Maar laat “Vellies na die Vreemde” dit reël…