Camino Franse Roete

Camino Franse Roete

 

Franse Camino


Kies enige datums, afstand en hoeveelheid dae. Aantal dae en afstande kan ook verander word om jou eie pas en behoeftes te akkommodeer.

Begin by Sarria

Hierdie is die mees gewilde deel van die Camino de Santiago en die verpligte deel indien jy jou ‘Compostela’ (Pelgrimsertifikaat) in Santiago wil ontvang.

  • Aantal nagte: 8   l   Stap dae: 6   l  Afstand Totaal: 115 km
  • Vanaf Madrid neem ‘n trein na Sarria. Vanaf Santiago – neem ‘n taxi of bus na Sarria.
Dag Roete Km
1 Arriveer in Spanje (Madrid of Santiago). Oorplasings na beginpunt: Sarria
2 Sarria na Portomarin 22
3 Portomarin na Palas de Rei 25
4 Palas de Rei na Melide 14
5 Melide na Arzua 15
6 Arzua na Rua-O Pino 18
7 Rua na Santiago 21
8 Dagtoer na Finisterre of vrye dag in Santiago
9 Vertrek
WordPress Tables Plugin

 

Jy kan ook langer stap. Hier is die verskillende opsies wat die Sarria stap voorafgaan:


Begin by Ponferrada
  • Aantal nagte ekstra: 5    l   Afstand tot in Santiago: 214km 
Dag Roete Km
1 Oorplasing na Ponferrada
2 Ponferrada na Villafranca del Bierzo 22
3 Villafranca del Bierzo na Herrerías de Valcarce 20
4 Herrerías de Valcarce na O Cebreiro (baie styl afdraend daarom slegs 10 km) 10
5 O Cebreiro na Triacastela 22
6 Triacastela na Sarria 25
WordPress Tables Plugin
BEGIN BY ASTORGA
  • Nagte ekstra: 3  |  Afstand tot in Santiago: 270km
Dag Roete Km
1 Oorplasing na Astorga
2 Astorga na Rabanal del Camino 22
3 Rabanal del Camino na El Acebo 17
4 El Acebo na Ponferrada (styl opdraend en weer afdraend daarom slegs 15km) 15
WordPress Tables Plugin
Begin by León
  • Nagte ekstra: 2  |  Afstand tot in Santiago: 310km
Dag Roete Km
1 Arriveer in Spanje en oornag in León
2 León na Villar de Mazarife / Villavante (akkommodasie is geleë in Villavante (29 km) die hotel laai pelgrims by die 20 km merk op) 20 - 29
3 Villavante na Astorga 23
WordPress Tables Plugin

 

ons bied ook 'n stadige camino opsie aan


Opsie 1

Hierdie opsies bied korter en gemaklike stap afstande wat jou steeds in Santiago bring.

Dag Roete Km
1 Arriveer en oornag in Sarria
2 Sarria na Morgade 10
3 Morgade na Portomarin 12
4 Portomarin na Ventas de Naron OF na Airexe 13 / 17
5 Ventas de Naron na Palas de Rei OF Airexe na Palas de Rei (Nota: in Ventas de Narón slegs kamers met gedeelde badkamers beskikbaar) 12 / 8
6 Palas de Rei na Melide 15
7 Melide na Arzua 15
8 Arzua na Salceda 10
9 Salceda na Pedrouzo 10
10 Pedrouzo na Lavacolla 10
11 Lavacolla na Santiago 10
12 Vrye dag in Santiago of vertrek huistoe
WordPress Tables Plugin
Opsie 2
Dag Roete Km
1 Arriveer en oornag in Sarria
2 Sarria - Ferreiros 13
3 Ferreiros - Portomarin 9
4 Portomarin - Ventas de Narón 13
5 Ventas de Narón - Palas de Rei 12
6 Melide - Arzua 14
7 Arzua - Salceda 11
8 Salceda - Lavacolla 17
9 Lavacolla - Santiago de Compostela 10
10 Lavacolla - Santiago 10
11 Vertrek
WordPress Tables Plugin

 

algemene inligting


Toerpryse sluit in:

  • Ons bespreek jou verblyf vooraf, bed & ontbyt basis. Hotelletjies het almal privaat kamers en- badkamers (geen Aubergues). Alle akkommodasie is op of naby die Camino roete geleë.
  • Bagasie vervoer daagliks gedurende stapdae. 1 Tas per persoon ingesluit in die prys. Ekstra tasse kan bespreek word teen Euro 5 per dag per tas (maksimum 20 kg).
  • Registrasie en Camino dokumentasie deur Confraternity of St James (word benodig vir die Schengen Visum).
  • Camino voorbereidings- en reiswenke & volledige ‘Wat om te pak’ lys.
  • Camino paspoort en ‘credentials’ asook volledige pakket met ‘n stap handleiding, verblyf ‘vouchers’ en roetekaarte ingesluit (ontvang reeds voor vertrek).
  • 24 uur bystand deur ons Engelssprekende agente in Spanje tydens jou Camino.

Toerpryse sluit uit:

  • Vlugte: Internasionaal en binnelands.
  • Schengen Visum vir Spanje (ons kan hulp verleen teen R350 per applikasie).
  • Middagetes en aandetes, drankies en ander verversings wat nie in die toerplan uiteengesit nie.
  • Oorplasings per trein of bus dag 1 (prys op aanvraag).
  • Lughawe oorplasing laaste dag.
  • Persoonlike reisversekering, mediese versekering, paspoortgelde en bagasieversekering (reisversekering moet uitgeneem word sodra vlugte bespreek is en voor finale betaling van camino pakket deur Vellies na die Vreemde. Indien betalings reeds gemaak is en u kanselleer u Camino, is dit u verantwoordelikheid om by u reisversekering te eis).
  • Persoonlike uitgawes bv. wasgoed, kommunikasie kostes, telefoonrekening, kamerdiens ens.