PORTUGESE CAMINO saam met Erns Grundling
13-29 SEPTEMBER 2023
Die Camino bars tans uit sy nate met derduisende pelgrims wat van regoor die wêreld - en ook Suid-Afrika - op Spanje toesak. Ek gaan van 13-29 September die stiller maar diep tradisionele Portugese Camino stap van Porto tot Santiago Compostela, saam met Stap die Camino - Vellies na die Vreemde. Daar is nog 'n paar plekke beskikbaar op hierdie groepstap, waar niemand in 'n groep stap nie.
Hier is die feite
Afstand: 270 km
Stapdae: 12
Rusdae: 1, in die pragtige Tui (ons het ook 'n ekstra afdag in Porto voor ons begin stap, en 'n dag ná die tyd om Santiago de Compostela te verken).
Koste: R41 000 per persoon wat deel of R51 700 (enkelkamer)
Teen wisselkoers van Euro 1 = R21
Prys sluit in
- Alle akkommodasie in netjiese 2/3 ster hotelletjies op of naby Camino-roete
- Alle ontbyte en 8 aandetes
- Bagasievervoer tydens stapdae (die stap is slackpacking)
- Registrasie en dokumentasie (nodig vir Visa-aansoek)
- Voorbereiding, wenke, paklys ens
- Pelgrimpaspoort, handleiding met kaarte
- 24/7 ondersteuning van Engelssprekende agente in Europa
- En ek, Erns, as begeleier
Prys sluit uit
- Alle vlugte (ons bied wel 'n puik reisagent se diens om te help met besprekings)
- Bus/Trein vervoer op Dag 1
- Lughawevervoer op laaste dag
- Schengen Visa (StapdieCamino bied ondersteuning teen R350)
- Middagetes en ander etes wat nie ingesluit is in reisplan nie
- Reis en mediese versekering (ons reisagent kan help met reisversekering bespreek)
- Persoonlike uitgawes (drankies, wasgoed, selfoondata ens)
Hoe werk dit?
Ons groep is maksimum 20. In die dag stap elkeen teen sy of haar eie pas, ons loop of kuier mekaar raak, en saans geniet ons saam aandete en gesels oor die dag wat was en die dag wat voorlê. Lekker rustig en informeel. Ek deel ook graag in die aande 'n paar gedagtes oor pelgrims en mindfulness en fasiliteer die gesprek.
Besprekings of Meer inligting
Kontak nou vir Yolandi van der Wath by yolandi@stapdiecamino.co.za of 082 325 3053 vir besprekings, of vir meer inligting kontak my met 'n DM of epos by katvis22@gmail.com
No Comments