Sou jy veiliger voel om by ‘n groep aan te sluit? Dan is Charlotte Werth se Camino’s dalk net die regte opsie vir jou!
Charlotte Werth oor pelgrimswees… Charlotte het in April 2022 een van ons eerste post-covid groepe vanaf Tui na Santiago gelei. Sy vertel…
Met grote geesdrif het ek reeds in 2019 my 5de Camino ekskursie beplan om helaas eers in 2022 weer hierdie geliefde roete aan te pak. Soos ‘n wafferse caminoholic kundige kon ek my ondervinding oor wat om te pak, watter pleisters werk, voete en stywe lywe raad, met visumafsprake help en sommer algemene leiding gee saam met Vellies na die Vreemde se ondersteuning.
Toe 2022 anbreek begin alle Covid vrese verdwyn soos mis voor die son. Ons gaan Camino, come hell or high water!
‘n Camino reis gaan gepaart met Spanje beleef – die kultuur, kosse, gewoontes (soos siesta!), die taal en die mense. Hierdie keer lê ek dit vas met ‘n go-pro aan my sy om te kan saambring…. waar ons voete gestap het, waar ons gebly, geëet, gelag het. Die stil word oomblike, seer lywe en elke dag se klein oorwinnings. En natuurlik die Vino’s – blanco & tinto, cervesa, pienk gin, tapas, café con letche en heerlike opsies elke dag op die menu del dia.
Madrid, Madrid! Ons bly in jou die stad met die engel op die toring wat sommer vinnig alle bekommernisse oor die 120 km wat oormore begin laat verdyn.
Ons pelgrimsreis begin by Tui langs die Minho rivier met Valencia Portugal aan die oorkant. Ons bly in die ou wêreld deel van Tui, drink pienk gin en kyk ‘n gratis Spaanse Danse vertoning op die kerkplein. Kyk, die Spanjaarde kan feesvier! Ons pelgrimsreis loop deur klein dorpies, plase en woude. Geen stres en geen sorge. Kort met ‘n verbygaande Buen Camino seënwens deur ‘n mede-pelgrims, ook oppad na Santiago.
Porrino, Cesantes ,Pontevedra, Cladas de Reis, Padron. Almal se voete hou! Elkeen loop sy eie innerlike en uiterlike reis.
Juweeltjies langs die pad begroept ons daagliks…. klipstapels, kerkies, simbole van pelgrimswees en natuurlik al die klein kaffeetjies waar ons pelgrims ‘n welkome ruskans, eetkans, koffiebreuk kan neem.
Besprekings wat alles perfek en vlot verloop. Elke middag wag jou tas mooi geduldig in die hotelletjie se voorportaal. Elke warm stort en vars opgemaakte bed is daagliks ‘n lafenis wat met dankbaarheid omhels word.
Santiago o Santiago! As jy die doedelsakspeler hoor weet jy jy is naby. Dit is heilige grond hier waar menige opgewonde en dankbare pelgrims die KM 0 voor die Santiago de Compostela Bassilica begroet. Te vinnig is ons fisiese reis klaar. Die kameras flits, pelgrims groet mekaar, sommige sit net stil en neem die oomblik in.
En nou begin ons die volgende een beplan. Want hoe waar hierdie woorde:
“Pelgrimsreise word 3 keer beleef: Wanneer jy daaroor droom, wanneer jy dit beleef en wanneer jy terugkom en onthou…”
Charlotte Werth
No Comments